VS AGRI

VS AGRI

Share

Ons bied omvattende oplossings aangepas by die behoeftes van die landboubedryf. Production and marketing of agricultural inputs.

VS Agri is 'n dinamiese en gediversifiseerde landboumaatskappy wat toegewyd is aan die vervaardiging en verskaffing van top-gehalte-landbou-insette en -dienste. Vervaardiging en bemarking van landboukundige insette. ‘n PASSIE vir landbou en ‘n RYKDOM van kennis en ondervinding in elk van ons produkte en dienste. A PASSION for agriculture and a wealth of knowledge and experience in each of our products and services.

08/10/2026

Dit was ’n voorreg om betrokke te wees by Vrede se Tuinbou-jaarafsluiting!

Om ons gemeenskap te dien en te ondersteun, sal altyd vir ons ’n prioriteit bly.

Die VS Agri-span

05/10/2026

STERK WORTELS BEGIN MET BIOFORCE
-Wortelontwikkeling en voedingstofopname

Lae grondtemperature kan fosfaatopname vroeg in die seisoen beperk. BioForce kombineer vyf groeistimulerende plantekstrakte met aktiewe kortketting-koolstofverbindings om wortelontwikkeling en mikrobiese aktiwiteit in die wortelsone te bevorder.

Hoe werk dit?
- Wortelontwikkeling: BioForce bevat ongeveer drie keer meer ouksienverbindings as tradisionele kelpprodukte en help om wortelgroei te stimuleer.

- Mikrobiese aktiwiteit: Die aktiewe koolstofkomponent stimuleer mikrobes in die risosfeer en ondersteun wortelgesondheid.

- Voedingstofopname: Die kombinasie bevorder die beskikbaarheid van voedingstowwe en stimuleer die simbiotiese verhouding tussen plante en mikrobes.

Gesels met jou VS Agri-agent oor die korrekte BioForce-toediening vir jou gewas en plantvoedingsprogram.

**VS Agri | Ons is die verskil.

Photos from VS AGRI's post 01/10/2026

Ons is vandag saam met InteliGro op die gholfbaan…

’n Dag van goeie gesprekke, sterk verhoudings, ’n bietjie kompetisie — en natuurlik genoeg gees langs die baan.

Dankie aan vir die geleentheid en lekker saamkuier.

30/09/2026

DIE VOLGENDE SEISOEN BEGIN HIER.

In die grond. In die beplanning. In elke besluit wat nou geneem word staan VS Agri saam met jou...

VS Agri | Ons is die verskil

Photos from VS AGRI's post 25/09/2026

** Poste beskikbaar by Saamstaan Voere **

https://vsagri.co.za/poste-beskikbaar/

24/09/2026

Ons landbou-erfenis is ons trots en ons verantwoordelikheid.

Geslagte se werk lê in die plase, ondernemings en gemeenskappe wat ons vandag ken. In kennis wat oorgedra is. In mense wat deur moeilike seisoene bly bou het.

Vandag eer ons by VS Agri elke boer, familie en landbouvennoot wat daaraan help bou het.

Ons taak is om voort te bou op dit wat aan ons toevertrou is, en dit sterker aan die volgende geslag oor te gee.

VS Agri | Ons is die verskil.

21/09/2026

DIE REGTE OPLOSSING BEGIN MET DIE REGTE GESPREK:

Ons agente is kundiges wat jou streek ken, jou seisoen verstaan en langs jou staan wanneer dit saak maak. Hulle is die gesig van VS Agri op grondvlak — bereikbaar, betroubaar en deel van dieselfde landbougemeenskap waarin jy boer.

Kontak jou area agent vandag! https://vsagri.co.za/kontak-n-agent/

18/09/2026

By VS Agri verstaan ons dat die keuses wat jy nou maak, deurslaggewend is…

Ons is meer as net ’n verskaffer; ons is jou vennoot op die grond. Ons doen alles in ons vermoë om saam met jou deur hierdie tyd te werk.

Aan elke boer wat nou voor groot keuses staan: jy hoef dit nie alleen te doen nie.

Gesels met jou VS Agri-agent vandag nog https://vsagri.co.za/kontak-n-agent/

Want your business to be the top-listed Advertising & Marketing Company in Vereeniging?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


81 Barrage Road , Peacehaven
Vereeniging
1930

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when VS AGRI posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Vereeniging.