Team Gin - Kenhardt Hoerskool Meisies Rugby

Team Gin - Kenhardt Hoerskool Meisies Rugby

Share

There is no tougher Sport than Rugby���

Photos from Team Gin - Kenhardt Hoerskool Meisies Rugby's post 02/08/2026

Small action from the ladies😉👏🏻🔥

02/08/2026

Die naweek het die nuwe linge ytgedraf teen mekaar om hulle voor te berei vir die Rugby wat op pad is vir hulle.

Kapteine Ayanda Steenkamp en Christelle Titus het leiding gevat waar hulle al 2 kapteine was vir die 2 spanne.

Goeie Rugby was gespeel en ons sien yt wat op pad is

29/06/2026

💜

Die Kenhardt Undisputed Divas Rugby Club is ongelooflik trots op Ayanda Steenkamp, wat op die laaste oomblik 'n oproep ontvang het om deel te wees van die Griquas U18 Kamp

Hierdie geleentheid is 'n bewys van jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding aan die spel. Geniet elke oomblik.

02/04/2026

In rol tyd😊💜

Be there or Be told 😁📍

28/02/2026

👑

Weereens sê Divas dankie vir die President van Griquas , Monte Engelbrecht en sy kollegas vir die 2 dae se opleiding.

Dit was n voorreg om te luister wat Griquas van ons af verwag die jaar in vrouerugby en ook wat hulle beplanning is vir ons. Ons sien yt om te help om vrouerugby groot te maak in die Noord-Kaap.

Almal wat teenwoordig was is ons Coach Gabriel en Team Manager Gaynor Adams , Keimoes Hoër , Logan streek , Sishen Vrouerugby , Saul Damon , Rosendal , AJ Farrera , Pofadder en Namakwaland Streek.

Griquas Rugby - G.W.R.U.

23/02/2026

What a start for our seniors👏🏻👑🔥

Gister se rugbywedstryd tussen Undisputed Divas en Colesburg Queens Rugby was ’n kragmeting in die warm hitte🥵🔥, waar die Divas ’n uitstekende vertoning gelewer het. Die meisies het met vasberadenheid en spanwerk gespeel en gewys wat in hulle steek. Die kaptein van die wedstryd, Tamia Pretouris, het uitstekende leiding geneem op die veld en self ook ’n try gedruk. Verdere drieë is aangeteken deur Tifany Berend en Jodine Jocobs. Die wedstryd het geëindig met ’n telling van 20–0 in die guns van die Divas.

Ons wil ook die gemeenskap om verskoning vra dat die wedstryd later afgeskop het as die tyd wat deurgegee was.

Die Rugbyklub, Undisputed Divas, wil opreg baie dankie sê aan die gemeenskap wat opgedaag het om ons eerste rugbywedstryd te kom ondersteun — julle teenwoordigheid het vir ons baie beteken.

Spesiale dank aan die volgende persone en instansies wat ons hierdie week gehelp het om die wedstryd moontlik te maak en met reëlings op die veld gehelp het:

Wenzel

Mayor Marshall

Jeannine

Otniel

Julian

Conwill

Valencia

Therens

Novaldus

ZFM Rugby streek Bestuur

Undisputed Divas Bestuur

Al die sponsers wat ons ontvang het

En die hele gemeenskap

Baie dankie vir elkeen se ondersteuning — sonder julle sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie. 🤍🏉

10/02/2026

Kom ondersteun ons Seniors die naweek. Dit gaan vuurwarm wees🙌🏼🔥.

07/01/2026

Zondrea Speelman is Team Gin se Speler van die Jaar 2025🥳🎉🎆💜🏆

Dis moeilik om aan iemand te d**k wat dit meer verdien! 🏆👏 Haar krag op die veld is ongeëwenaard – sy slaan deur duikslae, laat verdedigers in die stof en druk drieë met gemak. Sy is 'n krag om mee rekening te hou en ons is nie verbaas dat sy die rugbywêreld stormenderhand verower nie! 😍

Sy was nie net 'n puntemaker vir Team Gin nie, maar haar impak word ook op 'n baie groter verhoog gevoel. Jou drieë-aantekenvernuf het die oog van nasionale keurders getrek, en ons is so trots om te sien dat jy ons provinsie met soveel klas verteenwoordig. Hou aan skitter, jou harde werk en toewyding is 'n inspirasie vir ons almal! 👏 Mag jy nog baie jare van oorheersing op die veld hê! 🎉"💜🏆

07/01/2026

Petronella Diedericks is gekroon as Team Gin se Best Upcoming Player 2025

Ons se baie geluk aan Petronella Diedericks met die kroon as Team Gin se Beste Opkomende Speler van 2025! 🎉🔥 Wat 'n fenomenale prestasie vir hierdie talentvolle jong ster! Haar harde werk, toewyding en passie vir die spel betaal werklik af, en ons is mal oor die energie wat sy na die veld bring! 😍

Petronella is 'n spelwisselaar op die veld, en ons kan nie wag om te sien wat die toekoms vir haar inhou nie! Hou aan om grense te verskuif en hou aan om ons te inspireer met jou vaardighede! 👏 Team Gin is trots om jou aan ons kant te hê, en ons is opgewonde om te sien hoe jy na nuwe hoogtes styg! 🚀 Hier is vir 'n blink toekoms 💜🏆

07/01/2026

Ayanda Steenkamp word gekroon as Team Gin se MOST VALUABLE PLAYER vir die afgelope 2 jaar, 2024 en 2025 👑🏆💜 !!!

Vir die jaar 2024 en 2025 was sy kroon vir:
•SA School's 7's 2024
•SA School's 7's 2024 Kaptein
•Team Gin Kaptein 2025
•Griquas u16

Maar buiten haar prestasies, is haar harde werk, leierskap en passie vir die spel is 'n inspirasie vir ons almal! 🙌 n Speler wat nederigheid toon , haar meedoënlose energie, vlymskerp instinkte en fantastiese duikslae was die ruggraat van ons span se sukses. Sy is 'n ware leier op die veld, Ayanda, en jou passie vir die spel is aansteeklik! 😍

Team Gin wens jou nog op vele meer sukses💜👑

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Kenhardt?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


50 Soetdoringlaan
Kenhardt
8900

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Team Gin - Kenhardt Hoerskool Meisies Rugby posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Kenhardt.