La Studio

La Studio

Share

Diep asemhaling en strekke word in elke klas gedoen. Daar is dus 'n wye verskeidenheid klasse vir oud en jonk. Daarom wissel ons dit af en hou dit interessant.

💪 Rehabilitasie & prestasie vir jou liggaam
🎯 Help met pyn, beserings & herstel
🧠 Biokinetika | Fisio | Pilates | Dieetkunde | Scio Biofeedback | Aanvullings
📍 Heidelberg
👇 Bespreek jou eerste afsp Wil jy ligter leef en gesondheid optimaal ervaar:
Kom oefen saam:

Klasse word afgewissel met Pilates, Callinetics, Barre-, Mat , HIIT, Swissbal-, Oefenrek, "Fascia release" en gewigte oefeninge. Stres hantering tegnieke, Hormoon balansering, Balans en Beter Brein funksie is van die voordele wat jy kan ervaar.

’n Liggaam wat gewoond raak aan een enkele aktiwiteit sal stagneer en nie reageer nie. OEFENTYE:

MAANDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

DINSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND kLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

WOENSDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 - 17:45 : MIDDAG KLAS

DONDERDAE
7:45 – 8:30 : OGGEND KLAS
17:00 – 17:45 : MIDDAG KLAS

VRYDAE
7:45 – 8:30 : DIEP STREKKE EN "STRESS RELIEF"


JAAR FOOI : R180
MAAND FOOIE :
1 x per week : R300 per maand
2 x per week : R350 per maand
3 x per week : R400 per maand
4 x per week : R450 per maand
5 x per week : R500 per maand

AANLYN OEFENKLASSE :

Zoom word aangebied en kan op android, app store of skoot rekenaar afgelaai word. Kom oefen saam met ons in jou eie huis op jou eie tyd! Gemaklik en sonder om te wag vir enige apparaat! En as jy nie die dag se klas kan maak nie dan stuur ons vir jou ‘n “link” na die dag se klas om te doen wanneer jy kan. Jy gaan wel die volgende apparate nodig he. Pilates ring
Fascia balletjie
1kg hand gewiggies
Enkel gewigte
Oefenrek
(Al die bogenoemde kan aan gekoop word by die Studio en word gekoerier.) Oefenmat
Besemstok

WANNEER IS ZOOM KLASSE:

Maandae tot Vrydae : 7:45 - 8:30
Maar Zoom klas word per WhatsApp gestuur en kan op eie tyd voltooi word)

MAAND FOOI VIR AANLYN KLASSE : R380.00


KONTAK GERUS MARIETJIE SHEPHERD VIR VERDERE NAVRAE. 0829240872

14/10/2026

LEEF. Dis die woord op ons muur — en die hart van wat ons doen. 🤍

Bo die naam La Studio vorm ons logo die bokant van ’n hart. Dit vertel iets van die mense wat hier werk:
’n hart vir ons Hemelse Vader,
vir mekaar en ons kliënte,
en ’n hart om ’n verskil te maak.

Hier is soveel meer as ’n gebou met toerusting. Ons vra “HERE, gee ons hemelse wysheid, krag en rigting met elke kliënte wat oor ons drumpel trap👣👣👣asseblief🙏🏻🙏🏻

“Bio” beteken lewe. Biokinetika: lewe deur beweging. En hoe mooi vang hierdie foto dit vas!

Geen pil kan die plek van beweging inneem nie. Elke keer wat jy opdaag, maak jy tyd om in jou lewe te belê.

Kom beweeg saam. Kom LEEF. 🌿

13/10/2026

💪 Hulle daag op. Hulle hou aan. En hulle ervaar die VERSKIL!

Ons Junior oefen- en rehabgroep wys hoe waardevol gereelde oefening is. 🌱 Elke sessie is ’n geleentheid om aan krag, bewegingsbeheer en vertroue in hul liggame te bou — met aanmoediging en lekker saam oefen tussenin!

Of hulle aan hul herstel werk of sterker wil word vir sport en die alledaagse lewe: vordering begin deur op te daag en aan te hou.

Ons is trots op julle toewyding! Dankie ook aan elke ouer wat die tyd maak om hulle hier te kry. 🤍

La Studio Biokinetika | Wetenskap van HOOP

Photos from La Studio's post 13/10/2026

👉 Swiep tot die laaste skyfie en ontdek hoekom ons by La Studio na die groter prentjie kyk.

’n Verandering in beweging is ’n leidraad om verder te ondersoek — nie op sy eie ’n diagnose nie.

🌿 Bespreek jou evaluasie by La Studio Biokinetika. Ons help jou om jou beweging beter te verstaan en verwys vir ’n oogondersoek waar nodig.

Verstaan jou liggaam. Beweeg beter. Leef ligter.
📌📞082 924 0872

12/10/2026

🦶 Jou enkel werk nie alleen nie—hoekom sal ons hom dan nét alleen oefen?

Wanneer jy stap, draai of op die rugbyveld van rigting verander, werk jou voet, enkel, knie, heup en bolyf saam.

Hier oefen Janez sy enkel terwyl sy bolyf roteer. Die doel is om krag en stabiliteit te ontwikkel terwyl die res van sy liggaam beweeg—soos in die werklike lewe.

🧠 Rehabilitasie gaan ook oor vertroue. Met geleidelike, beheerde oefening gee ons die brein en liggaam kans om beweging weer met groter selfvertroue te hanteer.

Ons vermy dus nie alle krag en rotasie nie: ons bou die vermoë om dit te beheer, stap vir stap en volgens sy herstel.

🌿 Nie net ’n sterker enkel nie—’n liggaam wat beter saamwerk.

Hierdie oefening is individueel voorgeskryf en is nie geskik vir elke enkelbesering nie.
📌📞082 924 0872
La Studio Biokinetika
Wetenskap van HOOP

11/10/2026

🌿 Het jy ’n heupbesering, aanhoudende heuppyn of het jy ’n heupoperasie gehad?
Moenie net aanvaar dat jy voortaan minder moet kan doen nie. ’n Behoorlike biokinetiese evaluasie en doelgerigte rehabilitasie kan ’n belangrike deel van jou pad terug na beweging wees.

Jou doel is dalk nie ’n fiets nie.
Dit kan wees om weer pynvryer te stap, tuin te maak, gholf te speel, trappe te klim of net met selfvertroue te beweeg.
0829240872 📌📞
La Studio Biokinetika
Wetenskap van HOOP. 🌿
Beweging is beslis lewe!

08/10/2026
Photos from La Studio's post 07/10/2026

“Maandag begin ek weer…” Klink dit bekend? 👀

Jy begin met groot planne. Dan raak die week besig, jou energie min en een gemiste oefensessie word sommer ’n hele week.

🌿 Gee jouself ruimte om jou plan aan te pas. ’n Kort stappie, tien minute se beweging of een oefening kan ook tel.

Blaai tot by die laaste skyfie 👉 en kies één klein gewoonte wat jy hierdie week kan herhaal.

By La Studio bou ons saam, een haalbare tree op ’n slag. 💚

06/10/2026

Hoekom gee ons vir R🤍 hierdie twee heupoefeninge? 🌿

Haar toetse wys dat die spiere wat haar heupe stabiliseer, veral links, versterking nodig het. Daarom werk ons doelgerig aan interne heuprotasie en adduksie, én aan heupabduksie.

Die doel is beter beheer van haar heupe en be**en wanneer sy loop, werk en op een been staan. Só bou ons stap vir stap aan ’n linkerbeen wat sterker en meer betroubaar voel. 💪
Klein, doelgerigte bewegings. Groot rede om aan te hou!
📌maak jou afspraak vandag 📌evalueer 📌meet en weet👌🏻👌🏻

05/10/2026

😮😮’n Beskadigde lyf het beweging nodig — maar die régte beweging.” 🌿

Oom Nic se pad na herstel het begin ná ’n ernstige val uit ’n boom op 11 Maart 2024, met beduidende sagteweefselbeserings aan sy regterbeen.

Wanneer ’n mens deur so ’n trauma is, gaan rehabilitasie nie net oor ’n sterker spier nie. Dit gaan oor mobiliteit, stabiliteit, balans, funksie én om weer jou liggaam te vertrou.

Oom Nic het aangehou opdaag.
Hy het geoefen.
Ons het gemeet, aangepas en progressief sterker gemaak.
En stadig maar seker bou ons weer aan wat die besering weggeneem het. 💪🏻

Toe kry ons hierdie terugvoer:👍🏻
En dít is dalk die belangrikste boodskap vir iemand wat vandag met ’n besering, pyn of swakheid sit:

Moenie wag totdat jy weer “reg” voel om te begin beweeg nie.
Begin waar jy nou is.
Kry die regte leiding.
Daag op vir jou rehabilitasie.
En gee jou liggaam tyd om weer sterker te word.

By La Studio Biokinetika glo ons rehabilitasie moet jou nie net help om minder seer te wees nie — dit moet jou help om weer met vertroue te LEEF en BEWEEG. 🌿

Wetenskap van HOOP. 🤍

Photos from La Studio's post 04/10/2026

🌿 Die operasie is verby… maar voel jy al weer seker van jou volgende tree?

Om weer met vertroue te stap, trappe te klim en jou daaglikse dinge te doen, is ’n belangrike deel van jou herstel. Jy hoef dié pad nie alleen te stap nie. 💚

Blaai deur die skyfies vir 4 redes waarom biokinetika deel van jou herstel ná ’n operasie kan wees. 👉

Ná ’n heerlike week se verlof is ek Dinsdag terug by La Studio, uitgerus en lus om weer saam met julle te werk!

Of jy ná ’n operasie rehabilitasie nodig het, aan jou krag en balans wil werk, of weer ’n gereelde oefenroetine wil begin — jy is welkom by ons. 🌱

📩 Stuur gerus ’n boodskap om jou evaluasie of sessie te bespreek. Aan ons gereelde oefenmaats: ek sien uit om julle weer te sien!

La Studio Biokinetika — Wetenskap van HOOP.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Heidelberg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Website

Address


Stand 25 Boschfontein
Heidelberg
1441

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when La Studio posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Heidelberg.